Click here to send us your inquires or call (852) 36130518
Click here to send us your inquires or call (852) 36130518
Click here to send us your inquires or call (852) 36130518

Skrywers

Nuusbrief

ENIGE KOOPOOREENKOMS TUSSEN ’N GEBRUIKER EN THOMPSON BOEKDRUKKERY IS ONDERHEWIG AAN DIE VOLGENDE BEPALINGS EN VOORWAARDES

1. BESTELLINGS EN AANKOPE:

1.1 Transaksie

’n Transaksie is slegs afdwingbaar nadat al die stappe vir aankope voltooi is en die volle bedrag verskuldig vir al die bestelde items ontvang is. U kan dus nie lewering van boeke wat in u waentjie of op u wenslys geplaas is, maar waarvoor betaling nog nie ontvang is nie, eis nie. THOMPSON BOEKDRUKKERY kan van tyd tot tyd items wat op u wenslys verskyn, verwyder indien so ’n item nie meer beskikbaar is nie.

1.2 Kanselleer u bestelling

THOMPSON BOEKDRUKKERY behou die reg voor om ter eniger tyd 'n transaksie ten volle of gedeeltelik te kanselleer in die geval waar bedrog vermoed word of waar die totale bedrag verskuldig vir die bestelling, nie ontvang is nie. THOMPSON BOEKDRUKKERY sal slegs verantwoordelik wees vir die terugbetaling van gelde reeds ontvang; en aanvaar geen aanspreeklikheid vir skade gely deur die gebruiker, hetsy direk of andersins, weens so 'n kansellasie nie.

U het die reg om te enigertyd die transaksie te kanselleer voordat die verskuldigde bedrag aan THOMPSON BOEKDRUKKERY oorbetaal is. Sodra die volle bedrag vir die bestelling egter deur THOMPSON BOEKDRUKKERY ontvang is, is die transaksie bindend en kan die aankope nie meer deur middel van die webtuiste kanselleer word nie.

Indien u wel die transaksie wil kanselleer, moet u binne 24 uur 'n skrywe rig aan kontak@thompsonboeke.com. U het ook die reg om 'n transaksie te kanselleer wanneer die bestelde items nie afgelewer word binne die aangeduide tydperk nie. U word ook verwys na die volledige Terugsendings- en Terugbetalingsbeleid en die gedeelte met betrekking tot Versendingskostes en Aflewering hieronder.

1.3 Kostes en Belasting

Elke item se prys word duidelik by die item gelys. Wanneer items in u waentjie gelaai is, word die prys ook duidelik vertoon.

BTW word nie gehef indien die adres vir fakturering buite die grense vir Taiwan val nie.

Invoerbelasting mag dalk betaalbaar wees deur sekere ontvangers van goedere in die buiteland (ook Suid-Afrika). THOMPSON BOEKDRUKKERY is nie verantwoordelik vir die verskeie heffings ten op sigte van invoerbelasting wat van toepassing mag wees nie. Sulke kostes is die verantwoordelikheid van die gebruiker.

1.4 Versendingskostes en Aflewering

All transaksies/bestellings waarvan die waarde meer as R1000 (een duisend rand) beloop, word gratis aan u gepos. Bestellings waarvan die waarde minder as R1000 (een duisend rand) is, word volgens die normale tariewe gehef deur die posdiens in Taiwan, bereken.

Aflewering geskied binne 15 tot 25 werksdae per lugpos en 2 tot 4 maande per skeepsvrag. Aflewering mag langer neem in afgelee gebiede. U sal in kennis gestel word indien aflewering vir die area waar u woon, langer sal neem.

Bogenoemde bepalings geld nie vir handelaars nie. Sien ook die bepalings en voorwaardes wat vir handelaars geld hieronder.

1.5 Vooruit-bestellings

Van tyd tot tyd sal THOMPSON BOEKDRUKKERY items adverteer wat in die toekoms beskikbaar sal wees. Dit bied u die geleentheid om 'n produk te bestel voordat dit op die mark beskikbaar is. Let egter daarop dat hierdie produkte afsonderlik bestel word en nie deel kan vorm van u totale waentjie waar u produkte aankoop wat reeds beskikbaar is nie.

1.6 Beskikbaarheid van voorraad

THOMPSON BOEKDRUKKERY onderneem om sover moontlik slegs items op die webtuiste te adverteer wat wel beskikbaar is. Let egter daarop dat voorraad beperk is en indien THOMPSON BOEKDRUKKERY om welke rede ook al nie die voorraad aangekoop deur u kan lewer nie, u daarvan ingelig sal word. U sal dan geregtig wees op terugbetaling van die volle koopprys van die item. Let op die Terugsendings- en Terugbetalingsbeleid hieronder.

1.7 Betalingsmetodes

THOMPSON BOEKDRUKKERY maak gebuik van Paypal as betalingsmetode. Indien u nie 'n Paypal rekening het nie, kan u http://www.paypal.com besoek om u gratis en veilige persoonlike rekening daar te open.

Per kredietkaart.

1.8 Rekord van verkope

'n Volledige rekord van u aankope by THOMPSON BOEKDRUKKERY is beskikbaar vir 'n tydperk van 12 maande. Gedurende hierdie tydperk sal u u aankope kan besigtig en uitdruk. Let daarop dat dit slegs transaksies sal insluit wat u op THOMPSON BOEKDRUKKERY se webtuiste aangegaan het. Dit sluit ook geen transaksies in wat u telefonies, per vonkpos of op enige ander wyse by THOMPSON BOEKDRUKKERY geplaas het nie.

2.  TERUGSENDINGS- EN TERUGBETALINSBELEID:

2.1 Algemeen

U is geregtig daarop om enige item aangekoop by THOMPSON BOEKDRUKKERY terug te stuur indien:

  • die verkeerde produk by u afgelewer word;
  • die item wat u ontvang, foutief of nie in ’n goeie toestand is nie;

in welke geval u geregtig is op ’n volle terugbetaling of vervanging van die item.

Terugsending moet geskied binne 10 werksdae nadat u die item ontvang het. THOMPSON BOEKDRUKKERY is verantwoordelik vir die terugsendingskoste. Let wel dat THOMPSON BOEKDRUKKERY geregtig is daarop om die items wat teruggestuur word te inspekteer. Indien gevind word dat die korrekte items wel aan u gelewer is, of dat die items nie foutief of in ’n swak toestand was nie, bly u aanspreeklik vir die transaksiekoste asook alle kostes opgeloop met versending.

Indien u geregtig is op ’n terugbetaling om enige van bogenoemde redes, sal u Paypal rekening of bankrekening gekrediteer word. Gelde sal nie aan ’n derde se Paypal- of bankrekening betaal word nie. Neem asseblief kennis dat terugbetaling tot 5 werksdae kan neem.

Spesifieke riglyne geld vir handelaars. Sien dus ook Bepalings en Voorwaardes met betrekking tot Handelaars.

2.2 Laat aflewering van Items

Indien ’n item nie gelewer word binne die ooreengekome tydperk nie het u die reg om u bestelling te kanselleer. Stuur binne 7 dae nadat die ooreengekome tydperk vir lewering verstryk het, 'n kennisgewing dat u die bestelling kanselleer, per vonkpos aan: kontak@thompsonboeke.com.

Indien die item wat u bestel het nie meer beskikbaar is nie, sal THOMPSON BOEKDRUKKERY u daarvan in kennis stel en enige gelde aan u verskuldig binne 30 dae na ontvangs van u kansellasie kennisgewing in u Paypal of bankrekening betaal.

2.3 Defektiewe en/of Beskadigde Items

Indien u binne 3 maande vandat u die item van THOMPSON BOEKDRUKKERY ontvang het, vind dat die item defektief is, mag u die item aan THOMPSON BOEKDRUKKERY terugstuur. THOMPSON BOEKDRUKKERY onderneem om in oorleg met u:

  • die bedrag waarteen die item aangkoop is, ten volle terug te betaal; of
  • die item te vervang.

2.4 Reelings ten opsigte van Terugsending

Indien u enige item aan THOMPSON BOEKDRUKKERY wil terugstuur binne die riglyne van die bepalings hierbo, moet u eerstens THOMPSONS BOEKDRUKKERY daarvan in kennis stel deur of ’n vonkpos te stuur aan kontak@thompsonboeke.com of deur (+886)(0)930171723 te skakel. THOMPSON BOEKDRUKKERY sal u voorsien van 'n verwysingsnommer vir terugsending en reelings tref vir die kolleksie van die item. U moet toesien dat die item korrek verpak is vir versending volgens die riglyne van die posdiens waarvan u gebruik maak.

Die produk moet beskerm word deur die korrekte verpakkingsmateriaal; waar moontlik moet die item steeds in die oorspronklike verpakking wees; die verwysingsnommer vir verpakking moet duidelik op die verpakking aangebring wees.

3. WETGEWING EN REGULASIES

3.1 Algemeen

THOMPSON BOEKDRUKKERY is onderworpe aan die volgende regulasies en wetgewing:

  • die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008 met betrekking tot enige produkte verkoop deur THOMPSON BOEKDRUKKERY deur hul webtuiste; en
  • seksie 43(5) en 43(6) van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies met betrekking tot THOMPSON BOEKDRUKKERY se betalingstelsels en sekuriteit.

Nie THOMPSON BOEKDRUKKERY of enige van sy agente of verteenwoordigers sal verantwoordelik gehou word vir enige skade, verlies of aanspreeklikheid van enige aard wat mag ontstaan uit die onvermoë om hierdie webtuiste te gebruik nie. THOMPSON BOEKDRUKKERY kan op geen stadium waarborg lewer, geïmpliseerd of anders, dat hierdie webtuiste vry van foute is nie en dat die diens 100% korrek sal funksioneer sonder enige onderbrekings of foutboodskappe nie. Indien u enige fout sou vind op die webtuiste, kontak THOMPSON BOEKDRUKKERY asseblief by die volgende vonkposadres kontak@thompsonboeke.com.

Inligting, idees en opinies op hierdie webtuiste moet nie gesien word as professionele advies of die amptelike opinie van THOMPSON BOEKDRUKKERY nie.

3.2 Jurisdiksie

Hierdie webtuiste word geberg, gekontroleer en bedryf vanuit die Republiek van Sjina (Taiwan) en is daarom onderworpe aan die Taiwanese wetgewing en partye wat transaksies aangaan op hierdie webtuiste, onderwerp hulle dus ten volle aan die nie-eksklusiewe jurisdiksie van die Taiwanese howe.

3.3 Privaatheid

THOMPSON BOEKDRUKKERY sal alle moontlike stappe neem om u persoonlike inligting te beskerm. Vir die doel van hierdie klousule word "persoonlike inligting" gedefinieer volgens die Bevordering van Toegang tot Inligting Wet en kan afgelaai word by:

  • http://us-cdn.creamermedia.co.za/assets/articles/attachments/03569_promofaccestoinfoact2.pdf

THOMPSON BOEKDRUKKERY mag elektronies die volgende persoonlike inligting van u inwin, bewaar en gebruik: Naam en van; geboortedatum; geslag; land waar u woon; naaste stad; nie-persoonlike soekgewoontes en klik-patrone; vonkposadres; selfoonnommer (indien deur u verskaf); IP adres; en ID-nommer / paspoortnommer.

THOMPSON BOEKDRUKKERY kan die inligting vir die volgende redes gebruik:

  • om u te groet wanneer u op die webtuiste aanland;
  • onderhewig aan u toestemming daartoe, om u in te lig rondom sake met betrekking tot die toegang en gebruik van THOMPSON BOEKDRUKKERY se webtuiste;
  • onderhewig aan u toestemming daartoe, om spesiale aanbiedings en kompetisies van THOMPSON BOEKDRUKKERY en/of sy vennote aan u te stuur;
  • om nie-persoonlike statistieke rondom soekgewoontes, kliekpatrone en toegang tot die webtuiste saam te stel;
  • om u identiteit te verifieer wanneer u transaksies op THOMPSON BOEKDRUKKERY se webtuiste uitvoer; en
  • om te verseker dat die goedere ontvang is deur die geadresseerde.

Bogenoemde inligting word of elektronies ingesamel deur die gebruik van krummels “cookies” of word vrywilliglik deur u aangebied. U kan die gebruik van krummels onafhanklik deur die verstellings “settings” op u eie blaaier “browser” stel. U kan ook die opsie uitvoer om geen kommunikasie van THOMPSON BOEKDRUKKERY en sy vennote te ontvang nie.

THOMPSON BOEKDRUKKERY mag inligting oor u versamel, inwin, bewaar, saamstel, beheer en deel onderhewig aan die volgende voorwaardes.

  • THOMPSON BOEKDRUKKERY sal nie u persoonlike inligting bekend maak nie tensy – u daartoe instem; of deur die nodige wettiese prosesse.
  • THOMPSON BOEKDRUKKERY mag enige inligting saamstel, gebruik en deel wat nie betrekking het op 'n spesifieke individu nie; en
  • THOMPSON BOEKDRUKKERY besit en behou alle regte op nie-persoonlike statistieke wat ingewin en saamgestel word deur THOMPSON BOEKDRUKKERY.

3.4 THOMPSON BOEKDRUKKERY se inligting

Die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies bepaal dat wanneer goedere of dienste gelewer word deur sekere elektroniese transaksies, moet die verkoper van hierdie goedere sekere inligting rondom homself aan sy kliënte bekend maak op die webtuiste waar die goedere aangebied word. 

THOMPSON BOEKDRUKKERY (en soms ook in kort verwys na as THOMPSON BOEKE) se inligting is as volg:

  • THOMPSON BOEKDRUKKERY is hoofsaaklik 'n uitgewershuis wat grootliks Afrikaanse wetenskapfiksie en fantasie publiseer;
  • THOMPSON BOEKDRUKKERY is ook ’n boekhandelaar en –verspreider;
    Adres vir die ontvangs van wettiese dienste: #95 Fuxing 4th Road, Beitou, 112-48, Taipei City, Taiwan (R.O.C.).
    Besturende Direkteur: Mnr. Gerhardus.v.d.M. Thompson.
    Webmeester: Mnr. Alex Trup
    Webtuiste: www.thompsonboeke.com
    Amptelike vonkposadres: kontak@thompsonboeke.com

4. DIGITALE INHOUD EN E-BOEKE

Indien enige item in eBoekformaat beskikbaar is, sal dit by die betrokke titel aangedui word.

4.1 Lisensie en voorwaardes

Met die aankoop van enige eBoek verleen THOMPSON BOEKDRUKKERY u ’n persoonlike en nie-eksklusiewe en nie-oordraagbare lisensie om toegang te verkry tot die betrokke eBoek. U mag die eBoek slegs gebruik vir persoonlike gebruik en mag nie daarmee handel dryf nie.

U mag nie ’n eBook op meer as een rekenaar gelyktydig stoor, versprei of onregmatigde kopieë daarvan maak nie.

Sou daar gevind word dat u wel u gelisensieerde eBoek kopieër en aan ’n derde party oordra of verkoop hou THOMPSON BOEKDRUKKERY die reg voor om die betrokke eBoek se lisensie dadelik te beëindig en om regstappe teen u te naam.

4.2 Termyn

Die termyn van gebruik van u aangekoopte gelisensieerde eBoek sal lewenslank duur. 

THOMPSON BOEKDRUKKERY behou die reg voor om op eie diskresie u lisensie vir die gebruik van u eBoek op te skort of te beëindig as daar gevind word dat u hierdie Bepalings en Voorwaardes nie deur u na gekom of gerespekteer word nie. By sodanige beëindiging sal u wel in kennis gestel word.

4.3 Voorwaardes vir gebruik van eBoek

  • U het die reg om toegang tot die totale inhoud van die aangekoopte eBoek, vir die termyn wat hierbo beskryf is.
  • U stem daartoe in om die eBoek te beskerm teen ongemagtigde gebruik, reproduksie of verspreiding.
  • U verneem ook om met THOMPSON BOEKDRUKKERY te skakel waar u enige ongemagtigde gebruik van enige THOMPSON BOEKDRUKKERY eBoek deur ’n derde party opgemerk word.
  • U verklaar ook hiermee dat die gebruik van die eBoek aangewend sal word vir u persoonlike gebruik. 

4.3 Verlies en skade van u eBoek 

Indien u u eBoek verplaas, verloor of skade op gedoen het kan u met THOMPSON BOEKDRUKKERY skakel vergesel met ’n brief van verduideliking om sodoende u eBoek te vervang.

THOMPSON BOEKDRUKKERY behou die reg voor om nie ’n eBoek te vervang nie sou dit bleik dat u u eBoek verloor of skade opgedoen het weens nalatigheid.

4.4 Vrywaring

eBoeke op THOMPSON BOEKDRUKKEY is beskikbaar op die basis van “SOOS DIT IS” en kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige foute of skade wat u mag opdoen as gevolg van ’n gebruiker se onvermoë om ’n eBoek te gebruik nie. THOMPSON BOEKDRUKKERY waarborg ook nie dat die inhoud van ’n eBoek geskik is vir u as leser nie en daarom is dit noodsaaklik om deeglike inligting in te win oor die betrokke eBoek alvorens u dit aankoop.


雪茄| 雪茄烟网购/雪茄网购| 雪茄专卖店| 古巴雪茄专卖网| 古巴雪茄价格| 雪茄价格| 雪茄怎么抽| 雪茄吧| 雪茄哪里买| 雪茄海淘| 古巴雪茄品牌| 推荐一个卖雪茄的网站| 非古雪茄| SO站| 港水雪茄 帕特加斯d4 大卫杜夫雪茄 高希霸雪茄 蒙特雪茄 好友雪茄

古巴雪茄品牌| 非古雪茄品牌

噴畫| banner| banner 價錢| Backdrop| Backdrop 價錢| 易拉架| 易拉架 價錢| 橫額| 印刷| 橫額印刷| 印刷 報價| 貼紙| 貼紙印刷| 宣傳單張| 宣傳單張印刷| 展覽攤位| 書刊 印刷| Bannershop| Ebanner| Eprint| 印刷公司| 海報| 攤位| pvc板| 易拉架設計| 海報印刷| 展板| 禮封| 易拉架尺寸| foamboard| hk print| hong kong printing| Printing| 喜帖| 過膠| 信封| backdrop| print100| 咭片皇| 印館

邮件营销| Email Marketing| 電郵推廣| edm营销| 邮件群发软件| edm| 营销软件| Mailchimp| Hubspot| Sendinblue| ActiveCampaign| SMS

wms| vending machine| barcode scanner| QR code scanner| SME IT| it solution| rfid tag| rfid| rfid reader| it outsourcing| POS label| IRLS| IT Support| system integration| software development| inventory management system| label printing| digital labelling| barcode label| Self Service Kiosk| Kiosk| Voice Picking| POS scanner| POS printer| System Integrator| printing labels| Denso| inventory management| warehouse management| Business service| vending| mobile app development| terminal handheld| printer hong kong| thermal printer| thermal label printer| mdm| mobile solutions| mdm solutions| mobile device management

Tomtop| Online Einkaufen| Zeblaze

Addmotor electric bike shop

Beauties' Secret化妝及護膚品

DecorCollection歐洲傢俬| 傢俬/家俬/家私| 意大利傢俬/實木傢俬| 梳化| 意大利梳化/歐洲梳化| 餐桌/餐枱/餐檯| 餐椅| 電視櫃| 衣櫃| 床架| 茶几

地產代理/物業投資| 租辦公室/租寫字樓| Office for lease / office leasing| Office building| 甲級寫字樓/頂手| 商業大廈| Commercial Building| Grade A Office| Office for sale| Hong Kong Office Rental / Rent Office| 地產新聞

香港甲級寫字樓出租

中環中心| 合和中心| 新文華中心| 力寶中心| 禮頓中心| Jardine House| Admiralty Centre| 港威大廈| One Island East| 創紀之城| 太子大廈| 怡和大廈| 康宏廣場| 萬宜大廈| 胡忠大廈| 信德中心| 北京道1號| One Kowloon| The Center| World Wide House

Wycombe Abbey| 香港威雅學校| private school hong kong| English primary school Hong Kong| primary education| top schools in Hong Kong| best international schools hong kong| best primary schools in hong kong| school day| boarding school Hong Kong| 香港威雅國際學校| Wycombe Abbey School