Kategorieë
Nuusbrief
Dr. François P. Verster is 'n bekende historikus en boekejoernalis.
Dr. François P. Vesrster is op 24 Januarie 1962 in Bellville gebore en word groot in Parow (Wes-Kaap). Sy skoolopleiding ontvang hy by Laerskool Parow-Wes en Hoërskool President, waarna hy ’n B.A., B.A. Honneurs (Gesk.) en H.O.D. by die Universiteit Stellenbosch behaal. In 1986-1987 doen hy diensplig as soldaat-onderwyser vir Boesmans in die Caprivi en daarna gee hy skool op Ladismith, Kuruman, H.S. President (Vrijzee) en Mosselbaai. Van Januarie 1992 -Junie 2007 werk hy as argivaris by die Kaapstad Argief waartydens hy ’n Argiefdiploma, Meestersgraad (Gesk.) en D. Phil. (Kultuurgesk.) behaal. In Julie 2007 begin hy werk as maatskappy-argivaris van Naspers (Kaapstad) en behaal eers ’n Diploma en daarna ’n Meestersgraad in Joernalistiek en werk ook as vryskut-joernalis vir verskeie publikasies. Temas soos geskiedenis, literatuur, kultuur en kuns is gunstelingonderwepe in sy rubrieke en hy resenseer ook boeke vir o.a Litnet en Rapport-Boekeblad, skryf in akademiese en vakkundige joernale en tree as keurder en redakteur op. Vir koerante en boeke het hy ook illustrasies en spotprente gelewer en is ’n gesogte spreker oor geskiedkundige en kunstemas, in Suid-Afrika en voorheen by oorsese kongresse. Verster het sedert die 1990s bykans 2000 artikels, rubrieke, resensies en essays geskryf, asook kortverhale en poësie saam met ander skrywers gepubliseer en twee nie-fiksieboeke en een historiese roman (Een teen Adamastor, 2013), waarvoor hy die prys vir beste roman in Afrikaans by Maskew Miller Longman ontvang het. Daar kan meer oor hom gelees word by www.Stellenboscwriters.com.
Meer
Volg ons