Kategorieë
Nuusbrief
Malinda Thompson, hou van reis, lees en skryf. Kom deel in haar persoonlike ervarings van al die lande waar sy haar hart verloor het.
Malinda Thompson matrikuleer aan die Hoërskool Vanrhynsdorp waarna sy haar studies aan die Universiteit van Stellenbosch voortsit. Na ‘n B.A. graad met onder andere Afrikaans en Nederlands as hoofvak behaal sy ook ‘n Hoër Onderwys diploma. Na slegs ‘n paar jaar in Suid-Afrika, sprei hierdie Afrikaanse onderwyseres haar vlerke buiteland toe om as Engelse onderwyser in Taiwan te werk. Malinda ontmoet haar man, Gerhardus, in Taiwan en na ongeveer twee jaar tree hulle in Engeland in die huwelik, waar hulle op daardie stadium woon. Hul keer terug na Taiwan en dis hierdie land wat haar so aangryp dat sy een boek na die ander moeiteloos die lig laat sien. Met Taiwan as basis reis hulle ook na net meer as 20 lande en die reise word ook in ‘n paar boeke neergepen. Reis is ‘n passie van die Thompsons en om die reise te boekstaaf is ‘n baie natuurlike proses. Malinda se gunsteling leesgenot is reisjoernale van ander skrywers en langs talle reisgidse pryk net soveel reisjoernale in hul uitgebreide boekrakke.
Meer
Volg ons