Kategorieë
Nuusbrief
Nico Smit is een van Thompson Boekdrukkery se nuutste Afrikaanse Wetenskapfiksie skrywers wat so pas sy Jagter Kronieke-reeks, bekend gestel het.
Nico Smit word op 20 Oktober 1971 as enigste kind van Nicol en Elmien Smit in die pragtige dorpie van Citrusdal in die Wes-Kaap gebore. In 1989 matrikuleer Nico aan Citrusdal Hoërskool. Citrusdal Hoër, wat in daardie tyd met ’n volle 350 leerlingtal gespog het, was klein maar gereken as een van die beste skole in die streek. Na sy hoërskoolloopbaan begin Nico studeer en behaal sy Nasionale Diploma in Menslike hulpbron-bestuur aan die Kaapse Technikon in 1993. Daarna haal hy nog ’n Nasionale Diploma in Finansiële Rekeningkunde aan die Instituut van Administrasie en Handel in Kaapstad. Met sy twee belangrikste Nasionale Diplomas agter sy naam is dit tyd om internasionaal te gaan en in 2008 slaag Nico sy finale Internasionale eksamen as Gesertifiseerde Staats-Ouditeur. Nico se professionele werksloopbaan skop in Junie 2003 af by die Munisipaliteit van Cederberg as Senior Interne Ouditeur, waar hy selfs in die periode tussen Julie 2007 en Junie 2008 as Waarnemende Bestuurder Tesourie Dienste dien. Intussen voltooi hy ’n gesertifiseerde kursus aan die Universiteit van Stellenbosch in Munisipale Finansiële Bestuur. In Desember 2008 neem Nico ’n kort verposing uit die Cederberg Munisipaliteit en begin werk as Finansiële Deskundige en Konsultant aan Munisipaliteite aan die Weskus by die DBSA (Development Bank of Southern Africa), waar hy verantwoordelik is vir die beheer en bestuur van verskeie finansiële projekte by munisipaliteite; insluitende Cederberg, Bergrivier, Saldanha Baai en Matzikama. April 2011 bring Nico terug na die Cederberg Munisipaliteit waar hy as Bestuurder: Interne Ouditeurs-eenheid aangestel word. In Februarie 2013 word Nico bevorder na Bestuurder Tesourie afdeling en is tans nog daar werksaam. Vandag is Nico en vroulief Coleen, tesame met hul twee seuns, Drian en Hanré, rustig in Clanwilliam gevestig.
Meer
Volg ons