Kategorieë
Nuusbrief
Charles Frederick Stofberg is in 1956 in Pretoria gebore. Hy matrikuleer in 1974 aan die Hoërskool Langenhoven (Pretoria), waar hy ook vir die eerste span rugby gespeel het. Hy voltooi sy Diensplig in die Lugmag te Valhalla in 1976.
In 1977 skryf hy by Tukkies na-ure in vir die BA-graad en voltooi dit in 1979. Met onder meer Geskiedenis as hoofvak, begin hy in 1980 by die Staatsargief in Pretoria as argivaris werk. Hy voltooi sy eerste Comrades marathon in 1982 en ook die BA (Hons.) Geskiedenis graad by Tukkies in dieselfde jaar. Daarna voltooi hy die Hoër Diploma in Argiefwetenskap (Technikon SA, 1989). Terwyl hy by Krygkor in diens is, behaal hy sy MA-graad aan die UOVS in 1991.
In 1992 vertrek hy Chicago (VSA) toe waar hy en sy vrou, Mieke vir twee jaar woon. In Aug. 1994 keer hy terug en begin as argivaris vir Telkom te werk. In 2000 word sy wetenskapfiksie boek. “Brug na Eden” gepubliseer (LAPA). Hy voltooi ook in 2000 sy D Phil et Lit graad by UNISA m.b.t die geskiedenis van Telkom. Daarna skryf hy ‘n aantal kortverhale vir Huisgenoot en die Taalgenoot.
Toekennings en publikasies
Skryf ‘n aantal kortverhale vir Huisgenoot en die Taalgenoot.
Volg ons