Kategorieë
Nuusbrief
Dit is veertien jaar ná kadet Taéll Andánaii Shanidar se lewens-veranderende ONDULAN- avontuur.
Nou dra hy die rang van Kaptein, en in bevel van ASTRA se elite taakmag Interdimensionele Verkenners. Maar tydens ‘n verkenningstog deur een van sy lede, word ‘n Skeur ontdek, ‘n skeur in die weefsel van ruimte en tyd, wat een van hierdie nuut-ontdekte wêrelde verbind met die Suid-Afrika van die Tweede Vryheidsoorlog.
Wat ASTRA se belangstelling egter wek, is dat die inwoners van hierdie wêreld, nasate van die eertydse Boere-rebelle, ‘n eeu-oue profesie koester, dat die Britse soldate weer gaan aanval.
En vir byna ‘n eeu reeds, wag hierdie kolonie vlugtelinge, steentyd-primitief, maar slaggereed op ‘n massa-aanval van hul gedugte aartsvyand.
Met hierdie profesie, en die verbindende Skeur, vind ASTRA dit nodig om ‘n onderskepspan in te stuur vir die intuimeling van die Einstein-Rosen brug, wat beide die twee realiteite verbind, in ‘n poging om hierdie geprofeteerde skermutseling, en die bedreiging van Xenoplasma in die Millenniese sfeer, te ontlont.
Dit is noodsaaklik ‘n onvoorsiene terugkeer na ‘n wêreld met ‘n atmosfeer verstikkend ryk aan lewensgevaarlike, hoë-frekwensie Xenoplasma-wesens. Maar die Brirtse magte blyk om die minste van hulle problem te wees, toe ‘n ongenooide passasier ook nader, om alle kanse op ontsnapping vir ‘n veilige terugkeer, te kelder. Asof dit nie genoeg is nie, strek die pad huis toe oor ‘n gravitasieput wat dreig om enige oomblik ineen te stort.
Volg ons