Dis die jaar 1923. Vroutjie en Kerneels sit onder ‘n ou peperboom en bekyk die sterrehemel en wonder of daar nie dalk lewe op Venus is nie.
Dan skielik uit die niet daal daar ‘n ruimteskip, in die vorm van ‘n eier, op hulle huis in Oudshoorn af en land sag voor hulle op die grond neer.
Vol bewondering en agterdog stel Kerneels, met sy getroue mouser, en Oom Stoffel met sy samesweringsteorië ondersoek in. Na ‘n deeglike ondersoek is hulle verras om te verneem dat daar wel ‘n lewende wese in die vaartuig is.
Loeloeraai maak sy verskyning, en begroet die vriendelike Aardbewoners in ‘n vreemde, onbekende taal. Met die hulp van Engela leer Loeloeraai vinnig Afrikaans praat en gou leer hy van die Afrikaner se besonderse aard en geskiedenis.
Met al die opwinding van die nuwe besoeker van Venus stel die regering van die dag hom ten doel om van die besonderse vernietigende tegnologie wat Loeloeraai saamgebring het, te bekom - sonder sukses.
Om nie sake vir Kerneels, Oom Stoffel, Lenie en Engela te bemoeilik nie, besluit Loeloeraai om maar die Aarde te verlaat, maar nie voordat hy sy nuwe Aardsevriende, met die toejuiging van alle wêreldvolke, vir ‘n uitstappie maan toe te neem nie.
Volg ons