Die mensdom is verspreid oor meer as 'n duisend planete in die bekende ruim. Een nasie moes lank wag en ver soek om hulle eie tuiste te vind. Die Arwantyne probeer 'n bestaan maak op 'n planeet in die misterieuse onbekende ruimte.
Kobus Steyn, rekruut in die Arwantynse ruimtekorps, se drome word verpletter wanneer die Tar hulle verskyning maak. Wanneer 'n intelligente organisme, wat byna oor die hele planeet strek, hom aantas, ontaard Kobus se netjiese, gedetailleerde lewensplan in chaos.
Kobus, en sy volksgenote, is gyselaars in hulle eie, verwronge wêreld, en uitgelewer aan die wreedheid en oormag van hul vyande. Kobus self steier onder die druk van sy verlies en sy eie sin vir verantwoordelikheid. Een ding is egter helder en duidelik vir die hele nasie: as Arwantyne het hulle gekom om te bly!
Volg ons