- Verwyder hierdie boek van my gunstelinge
- Voeg hierdie boek by my gunstelinge
- Uitdruk
rock&roll.karoo [eBoek - AZW3]
KOOS KOOP ’n SKAAP... EN WORD DIEP
rock&roll.karoo is Koos Kombuis se eerste digbundel in sestien jaar.
Kategorieë
Besigtigde boeke
Nuusbrief
KOOS KOOP ’n SKAAP... EN WORD DIEP
rock&roll.karoo is Koos Kombuis se eerste digbundel in sestien jaar.
KOOS KOOP ’n SKAAP... EN WORD DIEP
rock&roll.karoo is Koos Kombuis se eerste digbundel in sestien jaar.
“Die impuls om gedigte te skryf is anders as die impuls om ’n liedjie te skryf,” veduidelik hy. “Dit is amper asof twee mense in hierdie selfde lyf woon; die ou wat grappies maak op die verhoog, en die ou wat iewers stil sit voor ’n kampvuur in die Karoo, of die Bosveld, of by die see, en net wil dink oor die lewe.”
Volgens Koos kom die impuls om gedigte te skryf, van dieselfde deel van sy brein as die begeerte om wetenskapfiksie-stories uit te dink, om te spekuleer oor die heelal, te filosofeer oor die lewe agter die sterre, om te tob oor die verste einders en die dinge wat slegs betekenis kry wanneer jy jouself tyd gee om jou gedagtes te laat gaan.
“ Om die een of ander rede het die gedigte hierdie keer digitaal in my kop gespring,” vertel Koos. “Dit was asof ek ’n versoening wou soek tussen ons moderne kuberbestaan en die ou dinge, die dinge van toeka se tyd, die lewe van plaas-opstalle en ramkiekies.” Dit is ook hoekom hy besluit het om hierdie digbundel as e-boek uit te gee, en ook waarom hy besluit het om die bundel te laat publiseer deur M & S Boekdrukkers.
M & S Boekdrukkers is ’n filiaal van Thompson Boekdrukkery, wat spesialiseer in Afrikaanse wetenskapfiksie- en fantasieboeke vir volwassenes. Waar Thompson Boekdrukkery slegs fokus op die WF en F genres, is M & S Boekdrukkers meer veelsydig in die bevordering van skrywers en hulle verskeie werke in die vorm van e-boeke.
“Ek hoop dat my lesers met die lees van hierdie e-digbundel ’n ander kant van my sal leer ken,” verduidelik Koos. “Die rock ’n roll ken almal nou al. Maar hierdie is my Karoo-persoonlikheid. Dit is die somtotaal van gedagtes wat ek neergepen het gedurende my reise in die platteland van Suid-Afrika die afgelope jaar, in die besonder ou gunsteling kuierplekkies soos Nieu-Bethesda, Drie Susters, ensovoorts.”
Die e-bundel, wat vroeg in September bekendgestel is by die Winterfees in Williston, waar Koos ’n skaap gaan koop het, is nou algemeen beskikbaar by www.thompsonboeke.com
Volg ons