Skrywers

Nuusbrief

Die Roofdier [Sagteband] Besigtig in volle grootte

Die Roofdier [Sagteband]

Die skatryk Hector Krige en sy trawante teister vir Bekka Malan, ʼn groenteboer. Hector soek haar plaas en sal enigiets doen om dit in die hande te kry.

Meer besonderhede

978-1-928327-87-5

298 items in voorraad

R104.70

Die skatryk Hector Krige en sy trawante teister vir Bekka Malan, ʼn groenteboer. Hector soek haar plaas en sal enigiets doen om dit in die hande te kry. Daar word op haar geskiet en haar verpakkingstoor brand af.

Nicholai Craigg daag uit die niet uit op en laat Bekka goed verstaan hy is daar om haar op te pas. Nicholai gee vir Bekka ’n onikssteen wat ʼn hologram-boodskap van haar ontslape ouers bevat. Hulle waarsku haar teen die Roofdier wat op haar spoor is en haar bloed soek.

Watter geheime skuil daar in die berg op Bekka se grond? Hoekom soek Krige haar plaas? Wie en wat is hierdie Roofdier en hoekom wil hy Bekka om die lewe bring? En Nicholai Craigg? Dié aantreklike vreemdeling se oëkleur wissel van die rykste skakering van karamel na gepoetse okerbruin en goud. Die kleure vloei luiweg soos ʼn spiraal inmekaar en dreig om Bekka in te suig. Is hý dalk die Roofdier?

Hierdie spanningsvolle verhaal bevat meer as een kinkel in die kabel. Dis ’n móét lees vir enigiemand wat hou van stories wat anders is as die gewone.

  • Uitgawe: Eerste
  • Publikasie Datum: November, 2015
  • Formaat: Sagteband
  • Taal: Afrikaans
  • Aantal Bladsye: 101
  • Mark: Volwassenes
  • Klasifikasie: Wetenskapfiksie
  • Inhoud: Sagte Wetenskapfiksie (SWF)
  • Titel: Die Roofdier
  • Outeur / Skrywer: Louise Viljoen
  • ISBN: 978-1-928327-87-5
  • Grootte (h x w): 19.2cm X 12.2cm
  • Gewig: 145g