Kategorieë

Skrywers

Nuusbrief

Een Biljoen Jaar n.C. [Sagteband] Besigtig in volle grootte

Een Biljoen Jaar n.C. [Sagteband]

In Afrika gee Tabi skool waar sy van muurkaarte gebruik maak. Die wêreld is tans ‘n ander plek. ‘n Gemuteerde virus is besig om die ganse mensdom uit te wis. Dog die mens het daarin geslaag om ‘n ruimteskip na die naaste exso-planeet te stuur. ‘n Modderstorting begrawe die skool en verseël dit vir ewig.

Meer besonderhede

978-986-84271-8-1

10 items in voorraad

R105.10

Op uitverkoping Op uitverkoping!

In Afrika gee Tabi skool waar sy van muurkaarte gebruik maak. Die wêreld is tans ‘n ander plek. ‘n Gemuteerde virus is besig om die ganse mensdom uit te wis. Dog die mens het daarin geslaag om ‘n ruimteskip na die naaste exso-planeet te stuur. ‘n Modderstorting begrawe die skool en verseël dit vir ewig.

Die mens het na 1 biljoen jaar weer op aarde verskyn – dis nog ‘n primitiewe samelewing. Die Slenkdal in Afrika het losgeskeur en ‘n aparte kontinent, Azila gevorm. Groot oerdiere wandel rond. Maar die mensdom is in twee groepe verdeel: - mans en vrouens wat geheel en al apart leef. Daar is wel ‘Afwykendes’ wat in die verre noorde woon.

Roe is ‘n slaaf in die huishouding van ‘n magsugte man wat die keiser in ‘n staatsgreep omver wil gooi. Maar daarvoor het hy geld nodig en toe hy hoor van goud wat ontdek is, stuur hy vir Ab om te gaan ondersoek instel. Dié vind eienaardige klippe – die gelamineerde muurkaarte uit Tabi se klaskamer wat versteen het. Roe moet help om dit te ontsyfer. Na ‘n moord vlug hy en by ‘n waterpoel ontmoet hy ‘n vrou. Hulle ontsyfer die skrif en maak die grootste ontdekking ooit.

  • Uitgawe: Eerste
  • Publikasie datum November 2012
  • Bidformaat Sagteband
  • Taal Afrikaans
  • Aantal bladsye 206
  • Mark Volwasse
  • Klasifikasie Wetenskapfiksie
  • Inhoud Algemeen