DJK Skemer Oorlog [Sagteband] Besigtig in volle grootte

DJK Skemer Oorlog [Sagteband]

BOEK III

In die derde aflewering van die Jagter Kronieke reeks, is die vyande van die monargie warm op die spoor van die voortvlugtende Prinses Luthare en haar bondgenote. Afgesonder in die eensaamheid van die Duine See, die woestyn wêreld van Kazdan bring die ontdekking van ’n vreemde obelisk ’n onverwagse wending in die groep se pogings om veilig die Heilige Stad te bereik.

Meer besonderhede

978-1-928261-64-1

300 items in voorraad

R149.80

BOEK III

In die derde aflewering van die Jagter Kronieke reeks, is die vyande van die monargie warm op die spoor van die voortvlugtende Prinses Luthare en haar bondgenote. Afgesonder in die eensaamheid van die Duine See, die woestyn wêreld van Kazdan bring die ontdekking van ’n vreemde obelisk ’n onverwagse wending in die groep se pogings om veilig die Heilige Stad te bereik.

Jakut, die Halfbloed word verplaas na ’n wêreld vasgevang in ’n ewige skemerte. In ’n landskap waar die dood skuil en onheil heers leer hy die antwoorde ken op die brandende vrae in sy gemoed.

Intussen het die bedreiging van die Groot Waansin die rustige lewe van die Heilige Stad bereik en woed ’n oorlog om oorlewing.

Die Kuur is die stad se enigste redding maar die sluwe Aniet is vasberade om die Kuur en Jakut vir homself op te eis.

  • Uitgawe: Hersiende
  • Publikasie Datum: Maart 2015
  • Formaat: Sagteband
  • Taal: Afrikaans
  • Aantal Bladsye: 220
  • Mark: Volwassenes
  • Klasifikasie: Wetenskapfiksie
  • Inhoud: Galaktiese Ryke
  • Titel: Die Jagter Kronieke: Skemer Oorlog
  • Outeur / Skrywer: Nico Smit
  • ISBN: 978-1-928261-64-1
  • Grootte (h x w): 19.2cm X 12.2cm
  • Gewig: 265g