DJK Koue Vuur [Sagteband] Besigtig in volle grootte

DJK Koue Vuur [Sagteband]

BOEK II

NA afloop van die bloedige stryd in die oerwoude van die Suid-See eilande is Jakut, die Halfbloed, onderweg na die Heilige Stad, woonplek van die Neaniete. Maar sy reis neem ’n onverwagte wending, want die vyand is nie volkome verslaan nie.

Meer besonderhede

978-986-90653-1-3

300 items in voorraad

R141.40

BOEK II

NA afloop van die bloedige stryd in die oerwoude van die Suid-See eilande is Jakut, die Halfbloed, onderweg na die Heilige Stad, woonplek van die Neaniete. Maar sy reis neem ’n onverwagte wending, want die vyand is nie volkome verslaan nie.

Kort voor lank bevind Jakut hom in die kloue van ’n veel meer uitgeslape en verradelike vyand - Keiser Redo Centurios, die selfverklaarde leier van die Uitgewekenes.
Jakut en sy nuwe vriende word gedwing om in die arena van die Uitgewekenes te veg om die bloedlus van die toeskouers te bevredig. Uit ’n onverwagte oord ontvang Jakut hulp in sy poging om te ontvlug.

Dit ontaard in ’n stryd teen tyd en ’n bykans onvernietigbare vyand. ’n Vyand wat daarop uit is om die geheimenis wat in Jakut se bloed opgesluit is, vir homself op te eis.

Dis die verhaal van Jakut, die Halfbloed. ’n Kombinasie van Jagter en Neaniet, ’n verstoteling en draer van die Koue Vuur.
Die enigste hoop teen die Antieke Donker wat sy wêreld bedreig.

  • Uitgawe: Hersiende
  • Publikasie Datum: September 2014
  • Formaat: Sagteband
  • Taal: Afrikaans
  • Aantal Bladsye: 202
  • Mark: Volwassenes
  • Klasifikasie: Wetenskapfiksie
  • Inhoud: Galaktiese Ryke
  • Titel: Die Jagter Kronieke: Koue Vuur
  • Outeur / Skrywer: Nico Smit
  • ISBN: 978-986-90653-1-3
  • Grootte (h x w): 19.2cm X 12.2cm
  • Gewig: 255g