Skrywers

Nuusbrief

LEO [Sagteband] Besigtig in volle grootte

LEO [Sagteband]

LEO is ’n buiteaardse wese, afkomstig van ’n planeet wat nie, soos die aarde, in sonde geval het nie, ’n volmaakte wêreld van ligtende, onsterflike wesens wat die aarde se unieke geskiedenis vanaf ’n afstand dophou omdat hulle graag wil weet hoe dit verloop. Hulle mag egter onder geen omstandighede kontak maak of inmeng nie. Hulle is nie die lotsbeskikkers van die aarde nie.

Meer besonderhede

978-1-928349-30-3

300 items in voorraad

R146.10

LEO is ’n buiteaardse wese, afkomstig van ’n planeet wat nie, soos die aarde, in sonde geval het nie, ’n volmaakte wêreld van ligtende, onsterflike wesens wat die aarde se unieke geskiedenis vanaf ’n afstand dophou omdat hulle graag wil weet hoe dit verloop. Hulle mag egter onder geen omstandighede kontak maak of inmeng nie. Hulle is nie die lotsbeskikkers van die aarde nie.

Leo (nie sy regte naam nie, want hy verbeur die reg op sy naam) oortree dié reël met die allerbeste bedoelings en val in die sonde van self te wil onderskei tussen goed en kwaad. Gevolglik verloor hy beheer oor sy ruimteskip en dit bots teen ’n koppie. Met die ruimteskip stukkend, hyself beseer, en die wete dat hy nooit kan teruggaan nie, doen hy wat hy moet en asem die aarde se lug in. Die resultaat is dat sy onsterflikheid op ’n uiters pynlike wyse weggebrand word, sodat hy soos die sterflike aardmense kan word.

Leo word egter nie verwerp nie, want dit word beskik dat hy opgelaai word deur dokter Elana Fouché, wat deur ’n vriend beskryf word as ’n “dom-soos-grond meisiekind wat nog nooit kon onderskei tussen dapperheid en onnoselheid nie”.

Die verhaal gaan verder oor Leo se aardse ondervindinge, sy vreemde psigiese vermoëns, die ‘gang’ wat planne beraam om hom teen wetenskaplike proefnemings te beskerm, en Elana se weifeling tussen liefde, trots en onsekerheid of sý liefde die toets sal deurstaan as hy meer aardse meisies leer ken. Hierdie weifeling duur voort tot die insident van die terroristebom.

  • Uitgawe: Eerste
  • Publikasie Datum: Februarie 2016
  • Formaat: Sagteband
  • Taal: Afrikaans
  • Aantal Bladsye: 198
  • Mark: Volwassenes
  • Klasifikasie: Wetenskapfiksie
  • Inhoud: Sagte Wetenskapfiksie (SWF)
  • Titel: LEO
  • Outeur / Skrywer: Anna van der Walt
  • ISBN: 978-1-928349-30-3
  • Grootte (h x w): 19.2cm X 12.2cm
  • Gewig: 406g
  • Kode: 42016