Skrywers

Nuusbrief

Die Oplossing: Valhalla [eBoek - EPUB] Besigtig in volle grootte

Die Oplossing: Valhalla [eBoek - EPUB]

Die Kryger keer terug van die slagveld en vind dat sy huis afgebrand en sy familie uitgemoor is. Hy besluit om uit te wyk na ʼn betowerde woud en onderneem om nooit weer terug te keer nie. In stede van ontvlugting beland hy op ʼn avontuurlike reis van diepe selfontdekking.

Meer besonderhede

978-0-620-59931-3

3000 items in voorraad

R36.60

Die Kryger keer terug van die slagveld en vind dat sy huis afgebrand en sy familie uitgemoor is. Hy besluit om uit te wyk na ʼn betowerde woud en onderneem om nooit weer terug te keer nie. In stede van ontvlugting beland hy op ʼn avontuurlike reis van diepe selfontdekking.

Die Kryger herontmoet Die Uil, wat as Goddelike entiteit Hom ontferm oor die jong man. Gedurende die verhaal kry hy te doen met vele karakters en omstandighede, wat hom help vorm en groei in oorloë, deur vriendskap, deur hulp te vra en deur hulp aan te bied. Hy voer ʼn deurlopende stryd teen mense wat hy voel hom te na gekom het.

Omstandighede lei hom na ʼn groep dwerge wat ontneem is van hulle geboortegrond. Met die hulp van Die Uil, Die Paladyn en Die Jagteres lei hy die dwerge in ʼn oorlog, waarin hulle hoop om verlos te word van die Alak Valto wat die eilande met ʼn ysterhand regeer.

  • Uitgawe: Hersiende
  • Publikasie Datum: April 2014
  • Formaat: eBoek
  • Taal: Afrikaans
  • Aantal Bladsye: n.v.t.
  • Mark: Volwassenes
  • Klasifikasie: Fantasie
  • Inhoud: Heldhaftige Fantasie
  • Titel: Die Oplossing: Valhalla
  • Outeur / Skrywer: Quintin Ellis
  • ISBN: AFF-1-ELL-E2014-04
  • Grootte (h x w): n.v.t.
  • Gewig: n.v.t.